Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Heloise" deur SHEILA CUSSONS
"Heloise" deur SHEILA CUSSONS [boodskap #9667] Ma, 02 Junie 1997 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
HELOISE
Sheila Cussons

Ek het vergeet wat ons gesê het, lief,
die tyd het oud geword -
en ek lê eenkant niemand praat
daar's niemand nie - het stil geword.
Kind wat my nooit sal ken nie
nooit en nooit nie - stief groot geword ...
Nooit weer in die krom van jou lyf
my lyf as ek slaap nie, o Abelard -
maar koud en vrugloos en alleen
in 'n huis in die wind
vroetel en nie vind nie ...
ou hande in papiere papiere papiere
het kinds geword.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Wie is ek?" deur MATTHEWS PHOSA
Volgende onderwerp: " 'n Bietjie Boerneef" deur A. BREYTENBACH
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 11 15:40:41 MGT 2024